Vlak 3 vanaf 1 Junie 2020

Op 1 Junie 2020 het die land se COVID-19-inperkingsvlak van vlak 4 na vlak 3 beweeg. Enkele plekke, veral die meeste stedelike areas, bly brandpunte en die nakoming van regulasies sal hier besonder versigtig gemoniteer word.

Vlak 3 behels onder meer:

  • Alkohol mag verkoop word, onderhewig aan voorskrifte.
  • Tabakprodukte mag steeds nie verkoop word nie.
  • Mense mag op hulle eie oefen wanneer hulle wil.
  • Geen openbare byeenkomste, konferensies, vermaaklikheidsgeleenthede, sportbyeenkomste of kulturele byeenkomste mag plaasvind nie en fasiliteite daarvoor mag nie heropen nie.
  • Godsdienstige aktiwiteite mag ook onderhewig aan voorskrifte plaasvind.
  • Mense in die hoogste risikogroepe word gemaan om so ver as moontlik tuis te bly.
  • Handel, konstruksie, e-handel en vele ander bedrywe kan hulle werksaamhede voortsit – almal wat reeds werksaamhede hervat het, mag vanselfsprekend oop bly en meer sektore word bygevoeg.
  • Mense in die voedselbedryf mag nog nie restaurante heropen vir aansit-etes nie, maar mag aanhou kos aflewer en wegneemetes mag deur kliënte afgehaal word.
  • Plaaslike vlugte mag vir besigheidsdoeleindes hervat word.
  • Bedrywe waar direk met mense gewerk word, byvoorbeeld haar- en skoonheidsalonne, bly helaas steeds toe.
  • Mense moet soos tans voortgaan om maskers dra.

Die nuwe regulasies wat vanaf 1 Junie 2020 in werking tree, kan hiér gevind word.