Tinteltong Toekennings

In samehang met Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon ons innoverende Afrikaanse ondernemings.

In 2016 het ons begin deur ’n pakkie te pos aan vier sulke ondernemings wat ons beïndruk het. In 2017 het ons met ’n amptelike feesviering begin, en jaarliks word meer as 10 ondernemings met ’n Tinteltong Toekenning bekroon.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is. Daarom gaan ons voort om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans bied. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en besiel om in hul sake in hul hartstaal te bedryf.

Weens die COVID-inperkings moes ons vanjaar die koppe kraak om die Tinteltong Toekennings – soos wat dit in die verlede aangebied is – te herevalueer. 2021 se Tinteltong Toekennings is volgens streke ingedeel en ook daar uitgedeel.

2022 se Tinteltong Toekennings was ’n glansgeleentheid. Die Tinteltong Toekennings het in hierdie jaar ook internasionaal gegaan en ondernemings in die buiteland beloon wat dienste in Afrikaans lewer. AfriForum Sakenetwerk het hierdie nuwe kategorie in samewerking met AfriForum Wêreldwyd aangebied.

In 2023 is die Tinteltong Toekennings bietjie anders aangepak. Waar ons gewoonlik tien ondernemings oor verskeie kategorieë bekroon met ’n Tinteltong Toekenning, het ons vir Bartho en Suné Eksteen met ’n ere- Tinteltong Toekenning bekroon. Verder het ondernemings wat die geleentheid bygewoon het ’n herdenking ontvang wat hul daagliks daaraan gaan herinner dat hulle ’n verskil maak aan Afrikaans as saketaal.

Hierdie jaar (2024) het 47 ondernemings ’n Tinteltong Toekenning ontvang vir hul bydrae tot die bevordering van Afrikaans as saketaal.

Videos