AfriVriendelik het die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir die eerste keer in 2017 aangebied. Sedertdien het meer as 250 entrepreneurs aan dié kompetisie deelgeneem en het meer as 7000 lede van die publiek vir hul gunstelinge gestem. Louis Loubser het in 2017 met sy Tree Hog gewen, in 2018 het die dames van Oh-Lief met die louere weggestap en in 2019 het Magies vol Liefde koning gekraai.

Kompetisie Kriteria

Die wenner moet voldoen aan:

1.

die entrepreneur moet vir langer as twee jaar reeds betrokke wees by ’n eie onderneming of as venoot;

2.

die entrepreneur se produk of diens moet ook in Afrikaans aangebied word (en nie net in Engels nie);

3.

die entrepreneur se produk of diens moet mededingend wees;

4.

daar moet maklike toegang tot die entrepreneur se produk of diens wees;

5.

die entrepreneur se produk of diens moet volhoubaar wees;

6.

daar moet maklike toegang tot die entrepreneur se produk of diens wees;

7.

die entrepreneur moet geloofwaardig wees;
selfvertroue
kennis van die produk of diens
ervaring
passie
sosiale verantwoordelikheid
begrip vir mark
’n visie
etiese optrede
netwerkvermoë
aanpasbaar
’n begrip van moontlike swak- en sterkpunte;

8.

die entrepreneur moet geloofwaardig wees;

9.

daar moet finansiële beplanning wees; en

10.

die entrepreneur moet goed kan bemark.

Inskrywings

As gevolg van Covid-19 en die impak daarvan op ondernemings, sal die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie weer aangebied word in 2021.

ENTREPRENEUR VAN DIE JAAR-KOMPETISIE

STEM VIR DIE TOP 20

ENTREPRENEUR VAR DIE JAAR 2019

MAGIES VOL LIEFDE